Pics from recent sessions

  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
  • Pics from recent sessions
Studeer terwyl jy werk PDF Print E-mail
Hierdie is 'n geleentheid om vir een jaar betrokke te wees in 'n musiekateljee. Indien jy reeds kennis het in die area van klank en musiek, sal dit tot jou eie voordeel wees. Indien jy geen kennis hieroor het nie, of minimale kennis en ervaring word opleiding aangebied as deel van die geleentheid. Die geleentheid is tipies vir 'n skoolverlater, of 'n persoon wat nog besig is om te studeer of onlangs afgestudeer het, alhoewel dit nie beperk is tot sulke persone nie. Enige individu wat voldoen aan onderstaande vereisdes kan aansoek doen.

Die ateljee is in Silver Lakes area in Pretoria.  Die geleentheid bied gratis klasse en praktiese opleiding in klank, klankmeng, verwerking, produksie, verskeie musieksagteware, musiekteorie en 'n musiekinstrument.  In terme van 'n musiekinstrument, opleiding is beskikbaar vir die volgende instrumente: Baskitaar, kitaar, sang, klavier en/of klawers. Klavier en/of klawers kan aangebied word tot op 'n uiters gevorderde vlak.  Die ander instrumente word eers op basiese vlak en dan op intermediêre vlak aangebied. Let wel: wanneer ons verwys na intermediêr, verwys dit vanuit 'n professionele musiekantsoogpunt, NIE vanuit 'n amateursoogpunt waar iemand so 'n bietjie "tokkel" op 'n instrument nie.  Die intermediêre vlak is ver gevorderd bo amateursvlak, maar aangesien ons persone vorberei vir die professionele wêreld, beskryf ons dit as intermediêr.

Die geleentheid is 'n werk-in-ruil-vir-opleiding posisie, 'n vakleerlingskap, dus word die student in-der-waarheid aangestel in 'n pos by die ateljee, en 'n sekere aantal ure se werk word verwag in ruil vir opleiding.  Daar is geen kostes vir die studie nie, en daar is ook geen betaling vir die werk nie.  Die een word in ruil vir die ander aangebied.

Vereisdes is:
  • Afrikaans goed magtig.  Engels word ook baie gebruik, maar indien die kandidaat NIE Afrikaans goed magtig is nie, sal hul nie die geleentheid kan benut nie.
  • Eie vervoer
  • Basiese kennis van rekenaars en rekenaarsagteware (Windows, Epos, Internet), aangesien algemene administrasie deel is van die roluitset.
  • Hierdie is 'n voltydse, indiensopleidingspos minstens vyf dae van die kandidaat se tyd in beslag sal neem, afhangende van die finale ooreenkoms tussen die kandidaat en die ateljee.  Algemene kantoorure dien as riglyn, met die moontlikheid dat vertonings wat in die aande en oor naweke plaasvind ook behartig sal word. Finale tye sal met goedgekeurde kandidate vasgemaak word.
  • Goeie kommunikasievermoëns en die vermoë om goed onder druk te funksioneer, aangesien die kandidaat as assistent gaan funksioneer vir die klankingenieur/verwerker/vervaardiger en dus gerieflik met hierdie persoon/persone moet kan saamwerk om sodoende kennis en ervaring in hierdie gebiede op te doen. Dit sal ook nodig wees om met kliënte, sowel as musikante/sangers nou saam te werk.
  • Die vermoë om sonder toesig en doelgerig te werk en studeer is uiters belangrik, aangesien daar baie navorsing en selfstudie ingesluit word as deel van die kursus.

Indien jy hierdie geleentheid wil aangryp, en jy voldoen aan bogenoemde vereisdes, stuur gerus jou CV aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .